Carnarvon TuisbladKaroo ResepteClick for English

 

Tuisgebak

Tuisgebakte BroodPotbroodRoosterkoekStokbroodMieliebroodPannekoekPannekoek vulselsDik Witsous

LensiebroodOuma se SoetkoekiesSuikermieliedis7 Minute Sjokelade KoekDeon se Melktert 

Tannie Elsa en haar regterhand Tannie Fytjie met 'n perfekte baksel.

Dit het baie oorreding gekos om die twee te kry om vir die kamera te staan.   Hulle reken dis sonde om ydel te wees en vir soetsuurdeeg brood het 'n mens die Here se genade nodig.

SOETSUURDEEG BROOD

(Tannie Elsa van Wyk)

TANNIE ELSA SE SOETSUURDEEG BROOD (Carnarvon DES 2008)

INSUUR PROSES:

 1.  Neem n medium size kastrolletjie wat n noupassende deksel het en vul dit tot half met water.  Verhit op stoof tot net begin borrel.

2.  Water moet sterk warm wees (moet vinger kan indruk, ongeveer 45˚C) voeg nou 2 teelepels suiker (opgehoop) by en halwe teelepel growwe sout.

3.  Sny een medium size aartappel in vier stukke en voeg by die water.

4.  Voeg nou omtrent 4 bekers bruinbroodmeel by die mengsel gooi dit bo op die water dit moet nie meng nie en dit moet so'n 5cm lagie bo-op die water wees en stewig voel.  Maak dan een gaaitjie dwarsdeur in die middel.

5.  Sit die deksel op en versigtig butcher wrap die storie m.a.w draai koerant om en vou dan swartsak om dit en vou dan n kombers om dit en laat oornag rys in warm plek bv. die groot koelkis met louwarm warmwatersak daarin.

 VOLGENDE OGGEND OMSTREEKS 05:30:

 1.  Maak pot versigtig oop.  Roer nou die meel wat nie nat geword het nie versigtig in die mengsel in. As dit te pap is roer nog meel by.  As dit reeds soos stywe pap voel gooi dan halwe koppie sterk warm water by en meng.

2.  Maak weer toe butcher wrap en laat half uur lank rys.

3.  Maak oop en as dit nou oorkook is dit reg.   Werk dan vinnig.

4.  Meng meel 1.250 kg witbroodmeel en 1.250kg bruinbroodmeel (hoef nie te sif nie).  Voeg die gis uit die potjie daarby en skep soveel van dit wat oorgekook het op en daarin.

5.  Voeg sterk lou water en halwe teeleepel sout by die mengsel totdat dit alles nat is.  Voeg dan een groot eetlepel botter by (saggemaak in mikrogolf maar nie gesmelt nie) en knie die deeg totdat dit van die kante van die bak weg trek en al die botter ingeknie is.

6.  Plaas dit in gesmeerde blikke of broodpanne. Maak net half vol en maak dan weer toe met swartsak.  Laat rys omtrent vir n uur totdat deeg verdubbel het (dit is omtrent gelyk met die bokant van blikkies).

7. Bak nou vir een uur by 180 grade en as uitkom bestryk dit met botter en keer uit. Laat dit sweet onder vaddoeke met plastiek bo-oor totdat dit afgekoel het.

Terug no Bo

 

 

BASIESE BROODRESEP

BESTANDDELE

Gebruik 1kg witmeel of bruinmeel of volgraanmeel soos verkies.

10 gm dro gis + 20ml sout + 10ml suiker

20 mg harde margarien of botter

625 ml sterk louwarm water

METODE

Meng die meel, sout, suiker en gis deeglik

Vryf die margerien/botter in

Voeg die louwarm water by en knie die deeg tot dit sag en elasties is.

Plaas die deeg op 'n meelbestrooide oppervlak, bedek en laat vir 20 minute rus - maak seker dat dit nie koud raak nie.(plaas in matige lou ound of koelhouer met warmsak)

Knie af en verdeel in twee gelyke dele en plaas in twee gesmeerde broodpanne. (225mmx125mmx60mm)

Indien die panne groter of kleiner is kan die hoeveelhede van die bestanddele aangepas word.  Die deeg moet ongeveer die panne tot in die helfte volmaak.

Bedek die panne met 'n plastiese sak en laat rys in 'n warm plek tot die deeg verdubbel het in grootte.  Indien die temperatuur reg is neem dit ongeveer 40 minute.

Bestryk met louwater en bak in 'n oond wat vooraf tot 200˚C verhit is.   Na ongeveer 45 minute behoort die brood klaar gebak te wees afhangende van die pangrootte.  As dit hol klop en ligbruin bo is, is dit gaar.  As dit moeilik uitkom uit die panne help dit om dit vir 'n paar minute te laat staan sodat dit sweet.  Dop dit dan uit op 'n broodplank en laat afkoel.   Vir 'n harde korsie net so oop en vir 'n sagte korsie bedek dit met skoon vadoeke of handdoekrol met plastiek bo-oor.

Terug no Bo

 

POTBROOD

Diegene wat nie n bakoond in die braaiarea het nie of dalk in die boendoes kamp, kan  die brood in n platboom ysterpot bak.

Wanneer jy n platboom ysterpot gebruik, maak jy eers vir n tydjie lank (45 minute tot 60 minute)  n vuurtjie sodat die grond onder die vuur lekker warm raak.   Dan krap jy al die kole weg, plaas die pot met die deeg, wat reeds goed gerys het, op die warm plek.  Die deeg word net so aangemaak en geknie soos hierbo beskryf onder die basiese broodresep.

Krap die kole in n ring om die pot sodat, dit nie aan die pot raak nie, maar naby genoeg is om die pot lekker warm te maak.    Die deksel moet natuurlik op wees en op die deksel plaas jy n paar koletjies (nie te veel nie ondervinding sal leer hoeveel).

Die potbrood vat ongeveer 45 tot 60 minute om gaar te word en dit is dus wenslik om eenkant nog n vuurtjie aan die gang te hou, om so nou en dan n paar kole by die kringetjie rondom en selfs bo-op by te voeg.   Wanneer die brood hol klop, is dit gaar.   Dis makliker as wat dit klink.    Smeer net die pot vooraf goed met harde margerine of botter of sprei die pot met n smeermiddel wat jy in n blikkie koop.

Terug no Bo

STOKBROOD

Om die jongspan besig te hou, is stokbrood altyd n goeie idee, maar dit kan self vir die ouer garde groot sports wees. 

Enige brooddeeg kan gebruik word, maar as jy vinnig n degie aanmekaar wil slaan, neem jy doodgewoon n pakkie (500 g) bruismeel,  strooi teelepeltjie sout oor en maak aan met water.

Knie tot n stywe deeg, rol uit tot cm dik en sny in repe van 2 cm breed.

Die repe deeg word om n stok (1cm in deursnee en 500cm lank) gedraai om n stokbrood van ongeveer 8 tot 10 cm lank te vorm.

Hou die broodjie met behulp van die stok oor warm kole en draai dit gedurig sodat dit nie brand nie.   Dit raak gou gaar en jy sal gou self agterkom wanneer dit reg is.

Laat die broodjie so op die stok vir n paar oomblikke afkoel, skuif dit van die stok af en vul die opening met smeermiddel en konfyt of enige interessante vulsel.

Terug no Bo

 

ROOSTERKOEK

Waar die naam roostekoek vandaan kom sal ek nie weet nie, want eintlik is dit mos ook maar broodjies wat net op n rooster gebak word.   Die resep is dan ook dieselfde, maar die tegniek verskil net.

BESTANDDELE

Gebruik dieselfde bestanddele as vir gewone brood of  vir n nog vinniger en makliker resep kan bruismeel gebruik word.   Die gewone broodresep is natuurlik lekkerder.

METODE

a.   In die geval van bruismeel word die meel net met kouewater aangemaak, geknie en uitgerol en dit is gereed om net soos hieronder voorberei en gebak te word.    Dit hoef natuurlik nie vooraf uit te rys nie, want sodra die deeg gebak word, begin dit vinnig rys.    Die kole moet nie te warm wees nie.  Draai kort, kort om.

 b.   Laat die deeg vir 30 minute rys, knie dit dan weer en rol op n plank uit tot ongeveer 1 tot 1,5 cm dikte.    Sny die deeg dan in blokkies van ongeveer 8 cm x 8 cm.   Strooi n bietjie meel in n plat bak wat vooraf so effe lou gemaak is sodat die deeg nie koud word nie en pak die blokkies in die bak.   Gooi n doekie oor die bak en plaas op n louwarm plek soos in n lou-oond of iewers waar die sonnetjie lekker warm skyn. 

In die aand in n skerm of lapa kan dit n probleem wees, maar dit kan werk om die bak in n bak met lou water te plaas en net seker te maak die water word nie koud nie.    Ek plaas dit gewoonlik naby die vuur (nie te naby nie) en draai net die bak kort, kort om sodat die deeg egalig warm bly.  'n Groot koelhouer met 'n warmwatersak of warm baksteen in werk ook goed.  Sit 'n koerant of doek op die warmwatersak of baksteen en dan die houer met deeg.

Sodra die roosterkoek uitgerys is tot omtrent 4 tot 5 cm hoog, word dit op n rooster geplaas met genoeg spasie tussenin sodat dit nie aanmekaar sal vassit as dit nog n bietjie rys nie.    Die kole moet nie te warm wees nie en die roosterkoeke moet gedurig omgedraai word om te verseker dat dit nie brand nie.   Indien hulle lekker dik gerys is, kan hulle ook op n stadium op hul kante teen mekaar staangemaak word om egalig te bak.   

Die roosterkoeke is gaar wanneer hulle n hol geluid maak as jy hulle klop.   Sny oop en smeer botter (margarien) en konfyt.

Terug no Bo

VINNIGE, GEURIGE MIELIEBROOD

 Die hoeveelhede wat hieronder aangegee word, is genoeg vir 'n kleinerige broodpan.  Die broodjie kan in 'n gewone oond, bakoond of pot gebak word en is gewoonlik heerlik klam.

Indien jy in n platboom pot bak wat te groot is moet jy moontlik die bestanddele verdubbel, maar moenie bekommerd wees nie, hierdie broodjie is so lekker, die gaste sal alles opeet.)

 BESTANDDELE

1 blik ideal melk

1 blik roommielies

500 g bruismeel

teelepel sout

METODE

1.  Stel oond op 180 grade of maak een uur lank lekker warm vuur in n buite-oond.

2. Strooi die sout oor die meel, sif meel en meng met melk en mielies.

3.  Plaas in gesmeerde broodpan en bak vir 1 uur.

Terug no Bo

PANNEKOEKVULSELS:

1.   Geurige sout vulsel.(Gerrit)

BESTANDDELE

125 gm spek, 1 klein ui, 1 medium soetrissie

100 gm sampioene, Sout, swart peper en tiemie, witsous

METODE

Braai fyn gesnyde spek in n pan of ysterpot en as dit begin bruin word, gooi fyngesnyde uie by en braai tot die uie ook begin om bruin te word.

Voeg nou fyn gesnyde groenrissie by en ook fyn gesnyde sampioene indien beskikbaar.   Geur met n klein bietjie sout, swartpeper en tiemie.    Maak intussen ook 'n dik witsous (sien langsaan vir resep) en roer dit laastens by die mengsel.

 

2.  Maklike soet vulsel

Smeer die pannekoek met die konfyt van jou keuse en vul met gerasperde kaas.

Terug no Bo

 

PANNEKOEK

Pannekoeke kan met heerlike vulsels geniet word vir middagete en die maal kan dan afgesluit word met n tradisionele panekoek met kaneelsuiker oor.

BESTANDDELE:

4 koppies meelblom   4 teelepels bakpoeier

4 eiers       1,2 liter water    koppie asyn     1 koppie olie

1 teelepel sout

 METODE

Klits die eiers, voeg sout, asyn en olie by en klits weer.  

Voeg die bakpoeier by die meel en sif.   Klits dan die meel en water geleidelik by die eiermengsel.

Gooi aanvanklik n klein bietjie olie in die pan en maak die pan goed warm voor die eerste deeg in die pan gegooi word.   Daar hoef nie weer olie in die pan gegooi te word vir die res van die bakproses nie.

Die hoeveelheid deeg wat elke keer in die pan gegooi word hang af van die grootte van die pan.  

Dit moet net genoeg wees om die bodem van die pan heel te bedek met n dun lagie deeg.   Wanneer die bokant van die deeg net nie meer wit en rou vertoon nie, is dit tyd om die pannekoek om te keer.   Die onderkant (wat nou bo l) moet net effe ligbruin vertoon.

Na omkeer moet die pannekoek nog vir ongeveer een tot twee minute bak.    Hou dit warm in n toe bak tot dit bedien word. 

Terug no Bo

 

VINNIGE MIKROGOLF DIK WITSOUSRESEP

BESTANDDELE

200 ml melk

30 ml koekmeel

20 gm (25 ml) botter of margarien

1 ml sout en 'n titseltjie swart peper

METODE

Roer bestanddele bymekaar en mikrogolf vir 4 minute teen 100% krag ( oop in 'n diep houer) en roer elke minuut.

Terug no Bo

OUMA SE SOETKOEKIES (Kobie vd Merwe)

BESTANDDELE

6 koppies koekmeel

2 koppies botter (eintlik 1k botter en 1k varkvet)

4 eiers

2 koppies suiker

1 teelepel naeltjies

1 teelepell kremetart

1 teelepell koeksoda

Gemmer (na persoonlike smaak, ek vat so 2 teelepels)

Kaneel (na persoonlike smaak, ek vat so 2 teelepels)

Neut (na persoonlike smaak, so teelepel)

knippie sout

 METODE

1.      Klop botter en suiker saam tot glad.

2.      Voeg eiers by en meng goed.

3.      Sif meel, kremetart, koeksoda, speserye en sout in.

4.      Meng goed.

5.      Rus deeg oornag.

6.      Rol dun uit en druk vormpies uit.

Smeer bakplate en bak teen so 200C vir so 10 minute hou dop vir aanbrand.

Terug no Bo

 

7 MINUTE SJOKELADE KOEK (Lolla)

BESTANDDELE:

A

250ml Koekmeel,  250ml Suiker

3t Bakpoeier,  t Sout

B

2 Eiers  -  geklits,  koppie Sonneblomolie

1t Vanillageursel,  60ml Kakao  -  gesif

C

250ml Kookwater

D

Karamel gekondenseerde melk, Peppermint crisp sjokkelade, gesnyde kersies

METODE:

1.  "Sprayn cook" 'n ringvormige pan

2.  Sif dro bestanddele van (A) saam

3.  Meng bestanddele van (B) & en voeg kookwater (C) by

4.  Meng A & B

5.  Gooi die deeg in die voorbereide bak

6.  Plaaas die bak op 'n omgekeerde piering & mikrogolf op 100% krag vir slegs 7 minute

7.  Laat staan vir 5 minute,  maak die kante versigtig los & keer om op 'n afkoelrakkie

8.  Smeer die karamel gekondenseerde melk eweredig bo-op en teen die kante. Sprinkel met fyn gebreekte peppermint crisp en versier met kersies

Terug no Bo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

TANNIE DALENE SE LENSIEBROOD (Kobie)

6 oz gaar lensies (om lensies gou gaar te maak, voeg 2 koppies kookwater by 1 koppie rou lensies en mikrogolf op maksimum krag vir 5 minute.  Skink die water af en voeg nou 1 koppie kookwater by die lensies.  Mikrogolf op maksimum krag vir 12 minute.)

BESTANDDELE

1 koppie gerasperde Cheddar kaas

1 eetlepel gekapte pietersielie

teelepel cayenne peper

Suurlemoensap en sout en peper na smaak

2 groot eiers

3 eetlepels room / yoghurt

 

 METODE

1.       Meng eiers en room / yoghurt

2.     Voeg by die oorblywende bestanndele

3.     Bak in n gesmeerde oondbak teen 160C vir 45 minute

Terug no Bo

TANDARTSE SE SUIKERMIELIES (Kobie)

Tandartsstudente van die 70s se koerantjie se spaarsamige studentekos:

BESTANDDELE

 1 blikkie cream-style sweetcorn

1 dik sny ou brood (verkieslik bruin)

So 3 eiers, geklits

Genoeg melk om die brood in te week tot lekker sag

Sout en peper en kruie (bv. Pietersiele, knoffelvlokkies, oregano) na smaak

Goeie handvol gerasperde belee cheddar kaas (hoe meer, hoe lekkerder)

 METODE

1.       Week die brood in die melk tot sag

2.     Kombineer met al die oorblywende bestanddele

3.     Plaas in n gesmeerde oondbak nie te diep nie

4.     Hou n bietjie kaas terug om bo-oor te strooi

5.     Bak teen 180C vir so 45 minute

Terug no Bo

 

DEON SE MELK TERT (Deon Louw)

Oorspronklik van Portugal, maar ons het dit vir onsself ge-eien hier in Suid Afrika.  My predikant broer, wat 'n uithaler kok is, het hierdie weergawe 'n bietjie aangepas vir vandag se haastige kokke.

Koop gevriesde  "Puff Pastry".  Een rol is genoeg vir twee terte.

VULSEL BESTANDDELE:

750 ml melk

2 opgehoopte eetlepels bruismeel

2 opgehoopte eetlepels vlapoeier

teelepel sout

250 gm suiker

100 gm botter of margarien

4 eiers (skei die geel en wit)

25 ml vanilla

2 teelepels fyn kaneel

 METODE:

Gebruik twee groot ronde metaalpanne.  Smeer met botter of spuit.

Sny die deeg om op die panne te pas.  Plaas die deeg in die panne en hou in die yskas tot die vulsel gereed is.

DIE VULSEL

Neem 'n twee liter bak.   Gooi die suiker, meel, vla & sout in die bak en meng met 'n klein bietjie melk tot dit glad is.  Voeg stadig 250 ml melk by terwyl aanhoudend meng.  Meng die eiergeel met die res van die aanvanklike 500 ml melk en meng dit dan ook in by die res van die mengsel in die bak.  Kook die vulsel in 'n mikrogolf op hoog en roer elke 5 minute.   Wanneer dit klaar gekook is, verwyder van die mikrogolf en meng die eier en vanilla deeglik in.  Klits die wit van die eiers en vou dit in die mengsel in.  Verdeel die vulsel tussen die twee panne en sprinkel die kaneel liggies bo-op.

Bak in 'n voorafverhitte oond vir 5 minute op 200˚C en draai dan die oond na 180˚C en bak vir 'n verdere 20 minute.

Melktert kan warm of koud geniet word.