Carnarvon TuisbladKaroo ResepteClick for English

VLEISGEREGTE

Mietjie se FrikkadelBobotieOuma Wollie se Frikkadel

MIETJIE SE FRIKKADELLE (Kobie via Gary)

Hierdie haarkapper (Gary) in Claremont, Kaapstad, kan met alles help.  Voorwaar, ALLES...

 BESTANDDELE

500 g maalvleis

1 eetlepel koekmeel (of oats)

1 eetlepel tamatiesous

1 eetlepel Worcestershire sous

eetlepel asyn

1 eier

1 groot gerasperde ui

Sout en peper na smaak

 Sous

1 eetlepel Worcestershire sous

2 eetlepels chutney

1 eetlepel tamatiesous

2 eetlepels olie

1 teelepel kerriepoeier

 

 METODE

Meng al die bestanddele en maak medium frikkadelle (nie te styf rol nie)

Meng al die bestanddele van die sous en gooi oor die frikkadelle.  Mikrogolf in n oop bak, 1 minuut per frikkadel (of in n gewone oond teen so 180C en draai om wanneer een kant lekker gaar lyk.  So 30 minute baktyd in totaal.

(Ek het dit getoets.  Dis heerlik! - Gerrit)

Terug na bo

 

GEBAKTE EIERVRUG, GEVUL MET HOMSELF EN 'N KLOMPIE ANDER GOETE

(Nickrunner - Roque recipes)

Ek het hierdie een sommer so na gedagte aanmekaargeslaan  een aand met wat beskikbaar was in die huis.

 

WAT JY NODIG HET VIR TWEE PERSONE

2 Eiervrugte (brinjals)

150g repiesspek

1 medium ui

1 soetrissie

1 handvol rosyne

1 medium groot aartappel

handvol parmesan kaas

1 knoffelhuisie

'n homp botter

'n stortjie melk

1 teelepel olyfolie

1 teelepel sout

'n knypie peper

'n knypie komyn

Tinfoelie

WAT JY DOEN

Voorafverhit die oond tot 220 ˚C.

Kook die aartappel in 'n groter pot as wat nodig is vir een aartappel tot dit sag is.

Sny die eiervrugte in twee, van bo na onder.

Skraap die sagte vleis aan die binnekant uit tot omtrent 1cm vleis teen die skil oorbly.

Kerf die spek, ui, uitgeskraapte eiervrug, soetrissie en knoffel in klein stukkies.

Bak die spek in 'n pan tot halfpad gaar.

Gooi al die gekerfde bestanddele, behalwe die groenrissie, in die pan by die spek en braai tot sag.   Gebruik 'n bietjie olie sodat dit nie aanbrand nie en voeg peper en komyn by na smaak.

Gooi die groenrissie en rosyne by en braai alles nog so 'n bietjie.

Gooi die water uit die pot met die aartappel, maak die aartappel fyn saam met 'n bietjie melk en botter sodat dit sag en klewerig is.

Voeg die inhoud van die pan by die fyn aartappel en roer alles deurmekaar.

Vryf die binnekant van die eiervrugte met olyfolie en sprinkel dan liggies met sout.

Gooi nou 'n laag gerasperde parmesan kaas egalig teen die kante van die eiervrugte.

Vul die halwe eiervrugte met die inhoud van die pot en druk die vulsel met 'n houtlepel sodat die halwes gelykvol is.

Druk nou die halwe gevulde eiervrugte se oorspronklike helftes teenmekaar sodat hulle weer heel lyk en draai elke eiervrug styf toe in tinfoelie met die blinkkant na binne.

Prop hulle in die oond vir 30 minute.

Haal die tinfoelie af (die skil moet sag en vogtig genoeg wees om maklik met 'n tafelmes te sny) en haal die twee helftes van mekaar.

Rond die storie af deur parmesan kaas bo-oor te strooi en geniet.

Terug na bo

BOBOTIE (Deon Louw)

Bak met bobotie vars van die oond

Tradisionele Suid Afrikaanse Bobotie

 

BESTANDDELE

1 kg maalvleis

2 dik snye brood - wit of bruin (4 winkelsnytjies)

250 ml melk

2 opgekerfde mediumgroot uie

30 ml kookolie

15 ml medium kerrie

20 ml borrie

30 ml appelkooskonfyt

1 eier

30 ml asyn

'n paar lourierblare

Sout en peper na smaak

Halwe koppie rosyntjies

Opsioneel - 50 ml gekerde amandels

Klein blikkie gekerfde tamaties

 

Eier en melk bolaag

3 eiers

375 ml melk (gebruik die orige melk van die brood)

METODE

Voorafverhit die oond tot 180˚C.   Maak die brood nat met 250 ml melk.   Druk die oortollige melk uit die brood en krummel die brood.   Braai die uie in die olie tot dit net sag is.   Voeg by die kerrie poeier, borrie, tamaties, rosyne, amandels en konfyt.  Voeg 'n klein bietjie water by en kook vir 2 minute.  Meng die brood, vleis, sout en peper met die kerriemengsel en lourierblare en kook vir 5 minute.   Gooi die mengsel in 'n oondpan van ongeveer 30 cm x 25 cm.   Klits die melk en eier saam en voeg bo-op die mengsel in die pan.   Bak vir 30 minute by 180˚C.

Geniet die dis met wit of geel rys en 'n uie- of piesangslaai.

OUMA WOLLIE SE FRIKKADEL (Gerrit)

Ek het hierdie resep van my ma ge-erf en dit was nog altyd 'n wenner.  As jy bang is vir cholesterol, gebruik maer vleis, maar 'n bietjie vetter maalvleis maak die frikkadelle net soveel lekkerder.

BESTANDDELE

1 Kg maalvleis

2 koekies Wheetbix

2 snye wit of bruin brood

koppie melk

1 medium ui

1 medium tamatie

1 teelepel sout

1 teelepel swart peper

2 teelepels aromat

2 eetlepels fyn koljander

2 eetlepels worcestersous

Maak die Wheetbix en brood fyn en klam aan met die melk.  Kerf die tamatie en ui baie fyn en meng dan al die bestanddele goed.  Vorm die frikkadelle in balletjies so groot as wat jy daarvan hou en bak in 'n goed gesmeerde pan by 180 ˚C - nie te droog nie.

ROOMHOEDER-EN-MOSTERD DUIKBOOT

(Nickrunner - Roque recipes)

Ek het hierdie een vir 'n geruime tyd met mayonnaise gedoen, maar vandag het ek dit met suurroom probeer en dis soooo baie lekkerder.

Chicken Sub

WAT JY NODIG HET (vir een voetlange duikbootbroodjie)

Twee hoenderdye - ontbeen. (Jy kan bors vleis probeer, maar ek vind dit droog en oninteressant)

'n Voetlange broodrolletjie

Suurroom

Dijon mosterd

'n Klompie vars, groen, eetbare blare soos spinasie, slaai of wat beskikbaar is.

Sout, peper, botter of margarien

WAT JY MOET DOEN

Sny die hoendervleis in klein blokkies.

Braai met 'n bietjie olie in 'n baie warm pan tot die dikste stukkies nie meer pienk binne is nie en sprinkel sout en peper oor na smaak.

Draai die hitte laag af.  Voeg twee eetlepels suurroom en een eetlepel mosterd by die inhoud van die pan en roer deeglik.

Slag die broodrolletjie van kop tot toon sodat dit oopvou.

Smeer botter of margarien liggies aan albei die binnekante.

Maak 'n bed van groen blare in die broodrolletjie.

Krap die inhoud van die pan op die bed van blare.

Druk die twee helftes van die broodrolletjie teenmekaar, maak seker dat jy servette byderhand het en l weg.

 

Terug na bo